10 February 2008

DINO RALLY '07


Die Dino was een van die Rally's wat 'n ou liefs wil vergeet! Niks met die organisasie verkeerd nie, maar die weer was beslis nie bedoel vir motorfietse nie. Ten minste het die outjies met hul quads en vierwiel motors baie pret gehad in die modder. En teen Saterdagmiddag het 'n wind opgesteek wat enige mens in vrees en bewing sou laat - so na aan 'n tornado was ek nog nooit gewees nie!! As die wind so vinnig waai dat dit wit strepe in die lug maak in plaas van stofwolke, dan is dit erg!

Teen laat middag was al die tente behalwe die van Guardian Angels platgevee, en daarmee saam 'n hele paar motorfietse.


Party ouens moes hul tente ver gaan haal. Vyftien ouens het soos vinke aan die toue en pale van ons tent gehang, en niemand was skaam om hardop te bid nie.


Voertuie het een na die ander vasgeval in die pappery, en almal met vierwielers moes hand bysit om dit uit te sleep. Groot pret vir party, maar 'n tandekners vir ander!





Daar is heerlik saamgekuier in die koffietent met jou voete in die modder en water wat oral verbystroom. Maar ten minste het ons nie natgereen nie.



Quads was beslis die beste manier van vervoer .... en ook die beste om mee te speel in die modder

Maar die modder het ook gesorg vir groot pret - voor die groot wind opgesteek het! Daarna was niks meer snaaks nie!!