05 July 2010

FROZEN BUDD EAST RAND 2010

Die outjies van Oos Rand het weer uitgehang en die Frozen Budd 
was 'n reuse sukses.  Die getal motorfietse word by 'n 800 geraam 
en dit was 'n feestelike gebeurtenis wat met baie humor gepaard 
gegaan het. Manne met deurtrekkers (en niks verder nie!) het
vinnig die aftog geblaas, en ek is nie seker of die dame met haar 
deurtrekker en pragtige boudjies die eindpunt gehaal het nie, maar 
almal het hulself terdee geniet en dinge het glad en foutloos verloop.  
'n Jonway scooter is uitgeloot en heelwat gelukkige trekkings wegge-
gee, en almal is tevrede huistoe in die middernagtelike ure. En deur al 
die verkeer en baie fietse, was daar geen ongevalle nie, al die eer aan 
ons Hemelse Vader! Veels geluk, Oos Rand, julle het julle uitstekend 
van julle taak gekwyt. Ons het heerlik gekuier!



Guardian Angels by
die Frozen Budd








Willie Esterhuizen gee die Oos Rand
'n
'tumbs up' vir die uitstekende organisasie






Oos Rand dames hard aan die werk by die
inskrywingstafel







Moedige manne wys hoe dit gedoen moet
word. Die Frozen Budd is nie vir sussies nie!







Fietse staan ingeryg by Maxi's the Bridge in
Midrand waar die prystrekkings gedoen is








Die pajama brigade!








Die Jonway Scooter kry sy nuwe baas!