26 May 2010

Fw: "Wie de flenter is ek"


Het jy al ooit vir jouself inni spieël gekyk en

gewonder 'wie de flenter is jy!?' Well.

It happened to me a few days

ago. Staan op, stort, trek aan ens ens.

Toe ek voor die spieel staan

lyk ek vir myself nie so lekker nie.

Neeeee. Dit was nie oor my broek

te styf gesit het of my hare nie te

hot gelyk het nie! Iets het net vir

my laat besef ek's seriously besig

om myself te fool!

Daar staan ek elke oggend op, all holy

and spiritual

en al daai lekker dinge! "Here, ek gee

vandag vir U, seën dit asb...

En Here, ek werp al my bekommernisse

op U, want ek's nie sterk genoeg om dit

te dra nie. Blah blah blah" Jy ken seker daai

gebedjie. Anyway. Ekke staan so vir myself

en kyk inni spieel en besef net dat as ek

regtig sooo vreeslik op die Here vertrou

om my crap uit te sorteer Dan moet ek dit

genuinely let go! Al die dinge wat my gees

so onrustig maak, meeste dinge wat lankal

geïdentifiseer is!

As ek regtig die Here vir iets vertrou,

moet ek dit 100% vir Hom gee, en myself

eintlik in die posisie sit sodat ek nie

Anders kan as om Hom te vertrou nie.

Om afhanklik van die Here te wees

is om onafhanklik van jouself en die

wêreld te wees ! Jou salaris, jou ouers,

jou wat ook al!

Soms is dit nodig om in die diep Kant in

te spring en te vertrou dat God jou sal uit

trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit

met jou hele wese (hart, siel EN KOP!!!) doen!

Anders, what's the use of jumping in the deep

side and trying to survive on your own! Die

branders sal jou soos 'n slap vel rondgooi, teen

rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, Dan kom jy

met 'n klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit

en het eintlik nogsteeds niks bereik nie.

Nie waar nie?

Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en 'n

gereelde klient een aand bietjie gestaan en gesels.

Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse

op die Here. Nie gee jou bekommernisse vir Hom nie,

werp dit op Hom.

Hy verduidelik toe dat werp 'n volleyball term is.

Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite jou eie

bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee,

Dan kan jy dit terug vat (want Dan's dit nog

in jou bereik), maar as jy dit werklik op Hom

werp! Wow! Dan's dit 'n bewustelike besluit

wat jy maak om dit verewig te let go.

Want jy stamp dit Dan weg van jouself af - buite jou

bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.

Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel my

morsdood met die een! Dis MOS baie makliker

om self te sit en worry oor iets as om te erken

jy kan dit nie self hanteer nie.

Joyce Meyer het op een van haar programme gesê:

"to worry is a manifestation of pride ."

Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks

'worry'. Toe, dink gou.

Daar's nogal 'n hondhuis vol Klein goedjies, né? Die

Here HAAT trots! Gaan lees net so bietjie Daniel

se stories. So, deur te sit en 'worry' oor iets

(maak nie saak hoe groot of Klein nie) wys jy

eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is

om jou probleem te hanteer nie. SJOE, ja, ek weet.

Heavy stuff, NE? Well, it's true, think about it.

Om werklik op die Here te vertrou, bid in volle

geloof ! Sê vir God dankie vir alles wat Hy in

Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat

Hy nog vir jou gaan doen. Dankie vir al die

'tests' waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir

swaarkry, dankie vir sukkel, dankie vir

voorspoed, dankie vir die feit dat jy kan hoor,

sien, praat, voel, sommer net dat jy jou

groottoon kan beweeg elke oggend as jy

wakker word !

Julle, God stel belang in ons karakter, nie jou

goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis

hoekom ons getoets word, hoekom ons soms

sukkel met goed, hoekom ons nie altyd

ons sin kry nie, hoekom ons soms in moeilike

situasies gegooi word by die werk of by die huis,

hoekom ons soms victims is van iets aakligs.

Nie sodat die Here 'n kick kan kry uit ons

swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nerens inni

Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hê nie.

Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy

nie saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus

saam met jou! Jy's Sy kind! 'n Prins, 'n Prinses!

Prys God vir elke situasie waarin jy jou bevind!

Sien dit as karakter vorming. Sien dit as 'n

tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan

word! Dis 'n voorreg om deur so iets te gaan

saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit

glad nog nie lekker nie, maar wow, what a

privilege to know that God cares enough about

you to shape you after His own image!

Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1

(veral vers 6). My gebed is dat elkeen van ons

sal leer om God toe te laat om ons te shape,

dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan

waarin ander Jesus in ons kan sien!


Aan Hannes (President Oos Londen) wat onlangs 'n

stent in sy hart moes kry, aan sy vrou Wilna wat 2

weke gelede aangeval is in haar huis deur 5 mans,

en boweal hul seun wat hulle in Januarie aan die

dood moes afstaan, aan Paulene wat 'n maand

terug haar dogter aan kanker moes afstaan, aan

Willie & Tonkie wat in die vragmotorongeluk

betrokke was en ernstig seergekry het (Tonkie is

steeds in Bloemfontein Medi Clinic se ICU met

ernstige brandwonde na die vragmotor se olie

oor haar uitgeloop het, en Willie ondergaan

steeds operasies om die skade te herstel) mag

God julle toevou is Sy wonderlike liefde en julle

in hierdie bitter moeilike tye dra !

Julle is elke oomblik van die dag in ons gedagtes . . .

Liefde, Nationale Bestuur & Klubs