13 September 2010

Om saam met Jesus op 'n bike te klim!?


Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het 
die lewe vir my gevoel soos 'n fietsrit op 'n speedbike, en 
Jesus het op die agter-sitplek gesit en Hy het my geleer
ry. Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke 
omgeruil het nie, maar sedert Hy die voor-sitplek ingeneem 
het was die lewe nooit weer dieselfde nie.

 
Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik  
voorspelbaar - altyd die kortste pad op my manier tussen 
twee punte. Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke 
oorgeneem het, is die hele pad sommer interessant en op-
windend, al hou ek soms asem in.
Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige 
plekke, afdraendes teen nekbreek snelhede al wat ek kon 
doen was om vas te hou. Selfs wanneer dit gelyk het na  
skone malligheid, het Hy aangemoedig met 'n "hou vas!"
Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep: "Waarheen 
neem U my?" Hy het geglimlag en nie geantwoord nie, en 
ek het geleer om Hom te vertrou.

Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin 
raak aan die avontuur van op die agterste sitplek ry, saamgaan
maar geen stuurstok in my eie hande nie.
Wanneer ek soms begin bangraak, dan het Hy terug geleun 
en my hand aangeraak. Hy het my geneem na mense met 
gawes wat ek nodig gehad het..  gawes van genesing, aan-
vaarding, vriendelikheid. Hy het my beveel:
"Gee jou gawes weg, dis te veel bagasie, te veel gewig."
So het ek weggegee aan mense wat ons ontmoet het op die 
pad, en ek het ontdek dat deur weg te gee, ek al hoe meer 
ontvang het, maar my vrag het  nie swaarder geraak nie, die 
las is lig.

Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer 
van my lewe. Toe ek begin agter ry het, het ek gedink, Hy gaan 
ons verongeluk!  --   stelselmatig het ek gesien dat Hy fietsry-
geheime ken.... Hy het geweet  hoe om deur 'n skerp draai te 
beweeg, hoe om te klim teen bergpasse wat heeltemal te hoog 
gelyk het vir my, en waar om te jaag sodat ons vinniger deur die 
gevaarlike plekke kon gaan. Ek het geleer om my mond te 
hou en net saam te ry, dikwels op die mees ongewone 
plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die natuurskoon
rondom my te geniet... en ook die koel wind in my gesig in die
permanente kameraadskap van Iemand wat my nooit begewe 
en verlaat nie, die Heilige Gees. En elke keer wanneer ek 
seker was dat ek aan die einde was van my eie  kragte, glad 
nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy geglimlag en
aangemoedig...
"Vashou, My kind, Vashou!"

 
"The will of God will never take you where the grace 
of God cannot protect you"