10 February 2008

ANGELS HAVEN

(for English scroll down the page)

Die stukkie hemel op aarde met 'n visie van God om deur Hom, vir Hom te werk op 'n wonderlike manier ! Toe ons die opdrag van God gekry het om hierdie stuk grond te koop, het dit na 'n onmoontlike droom gelyk, en ek het God gevra om ons 'n 5 jaar plan te gee, wat 'n bevestiging sou wees dat dit wat in 'n droom aan my geopenbaar was, werklik van Hom af gekom het. Die destydse eienaar van die grond het egter onmiddellik ingestem om die grond vir 5 jaar aan ons te verhuur met 'n opsie om te koop. En 5 jaar het verbygegaan voordat deure begin oopgaan het om die koop te bekragtig - teen 'n prys wat alle verstand te bowe gaan. Maar as God aan die werk is, kan niemand dit keer nie! In Januarie 2005 het ons die koopkontrak geteken, en 6 maande tyd gekry om waarborge te lewer. Alles moontlik het skeefgeloop: die papier het nooit verder as die plaaslike bank gevorder nie. Ten spyte van herhaalde versoeke, het ons pleidooie op dooie ore geval. Die een fout na die ander het ingesluip, en ons het besef dat Satan desperaat was om hierdie koop in die wiele te ry. 'n Dag voor die 6 maande sou verstryk, skakel ek die Prokureurs wat namens die Verkoper optree, en hulle bevestig dat die volgende koper reeds 'n afspraak vir die volgende dag het, met die nodige waarborge in plek. Vieruur die middag ontvang hulle 'n faks met die nodige waarborge aan ons kant, en teken ons 2 ure voordat die 6 maande tydperk sou verstryk. Angels Haven was ten einde laaste op ons naam, en die opdrag wat ons gekry het, kon tot uitvoer gebring word. Die plaaskerk, wat aanvanklik as 'n klubhuis vir Guardian Angels begin het, het sedert 2002 oorgegaan tot 'n volskaalse Interkerklike bediening, en in Junie 2006 spring ons aan die werk om die gebou op te knap as voorbereiding vir die woord wat ons gekry het "Kyk, Ek gaan iets nuuts begin, en wie sal dit kan keer?" Jes 43. Die eertydse werkswinkel spog op die oomblik met volvloermatte, 'n moederskamer (voorheen die pakkamer), 'n gerieflike kombuisie en 'n bidkamer (voorheen deel van 'n motorhuis langsaan) en twee toilette (voorheen die enjin kamer). Gelee presies in die helfte tussen Kestell & Bethlehem in die Oos Vrystaat, kry ons besoekers van sover as Clarens, Fouriesburg, Warden, Reitz en selfs Petrus Steyn, bo en behalwe die gewone klomp van Kestell en Bethlehem wat gereeld dienste bywoon. Maar die bediening van Guardian Angels bly nie agter nie, en deur die genade van God ontvang ons menige bikers hier en is die klubhuis 'n ligtoring vir baie reisigers wat hier verbygaan. Ons is trots op dit waarmee God ons vertrou het, en bitter dankbaar vir alles waarmee Hy ons in die jare geseen het. Gesien in die lig dat ons hierheen getrek het met net 4 koeie, en ons tans 'n melkery met 120 beeste hanteer, kan ons nie anders as om Sy hand in alles te sien nie. Ons dien 'n Hemelse Vader wat nooit teruggaan op Sy Woord nie, en al wat nodig is, is dat ons sal vasstaan in die geloof en altyd beskikbaar sal wees as Hy ons roep !

When God gave us the vision to purchase Angels Haven, we thought it to be a joke - with 4 cows, and R30 000 in the bank, how could we afford a farm with a value of R1 million? We had to put in some knee work, and many prayers later we started doing our homework, trying to find out who the owners was. I (Trudie) refused to drive in at the farm, because I had this picture in my head which God gave me in the vision, and not wanting any influence from outside, I depended totally on God to open doors and lead me on this awesome journey. And what a journey ! Everything fell into place, and by the end of 2000 we got ready to move into our new home, not ready to buy yet, but with a 5 year plan and lots of faith. My husband was still recovering from a sickbed, and did not share this dream at the time. He agreed to move on the condition that if things went wrong, I should be prepared to take full responsibility. The CATS Rally was held in February 2001, and that Friday night he confessed at the gathering that this was the best move we ever made ! (God also shared a vision with him in that first year : he had a dream were his tipper truck was filled with milk, running at a horrifying speed down the mountain on a gravel road, swerving from one side to the other, but not a drop of milk spilled on the way. At last the truck came to a t-junction, and he turned unto a tar road, driving into the church, where all the people played in the milk) After five years God made it possible for us to buy the farm at a price far less than the actual value, but affordable to us, and today we not only own the land worth millions, but run a dairy with 114 cows and two shops in town for the distribution of our products. What a wonderful God we serve !
In the vision God gave me before I even set foot on this farm, God showed me a room with a big window, overlooking the valley, with me and my husband enjoying the view, and then He showed me a barn with many people singing and rejoicing in His name. He also showed me 3 horses with bloody eyes and smoke coming out of their noses, but their feet did not touch the ground - these were demons watching over our every move. But God said not to fear, those who obey Him will always see the evil, and we will be under His protection. And today, the year 2006, God has given us all of the above : our house has a window overlooking the valley, and next to the house we have a barn used for church services every Sunday, where people come to praise and worship and God's presence is awesome ! We experienced many onslaughts on our finances, our club went through a very tough time braking up with CMA and losing more that half our members in the process, we nearly lost the farm because of slack at the bank, but like God promised us that we would always be able to see the demons (under His protection!) and the truck will eventually reach tar road - not for one second did He let go of our hands ! We paid a price, with many heartbreaking issues along the way, but God never said that we will experience only the good. To be in God's will, is not for the faint of heart, and to run in front can be costly. When we painted the barn wall and made a cross which is highlighted at night, we knew that it could be expensive. And what a rough ride it was! But He promised to protect us, and that He did. Angels Haven has become a landmark for many drivers, whether on a bike, in a car or truck, God is using the cross and His word to speak to all. And we glorify His Name !