Showing posts with label Testimony. Show all posts
Showing posts with label Testimony. Show all posts

24 January 2019

AND TO GOD THE GLORY!


Willie and Trudie Esterhuizen - Founders

























When God called upon us in 1999 to start a Christian Motorcycle Club,
we did not hesitate.  We knew what we needed to do, and that God would
show the way.  On the 23rd March 1999 we affiliated Guardian Angels
with CMA and started our journey as leaders of the Bethlehem Chapter.
On 13 November 1999 Willie became seriously ill and ended up in ICU
for 54 days, and I was left to fill his shoes for nearly a year.  His recovery
was long and painful, but we had God's promise that He will never leave
our side.  What a journey in faith!

January 2001 we had our first CATS Rally in Golden Gate, where CMA
leaders informed  us to be in Johannesburg the next weekend for an urgent
meeting with all leaders.  By the time we got to the CMA Bikers Church
for the meeting, we already knew that we were to go our separate ways.
The announcement at the meeting that we were to remove all badges other
than those of CMA and that no other name than CMA is to be displayed in
future, came as no surprise, and we had no doubt - the only way was GOD'S
way! And we never looked back.  What an awesome God we serve!  We now
have 8 active clubs and 180 members and cannot thank God enough for all the
wonderful people that crossed our path during the past 20 years.

What keeps us all together?  LOVE -  for God, for each other, for our
communities, for people and of course, for our bikes!  We celebrate our 20th
anniversary this year, and pray God's blessing over all members for the years
to come. 

Be Blessed!
Willie & Trudie Esterhuizen
Founder Members
GUARDIAN ANGELS NATIONAL


13 September 2010

Om saam met Jesus op 'n bike te klim!?


Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het 
die lewe vir my gevoel soos 'n fietsrit op 'n speedbike, en 
Jesus het op die agter-sitplek gesit en Hy het my geleer
ry. Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke 
omgeruil het nie, maar sedert Hy die voor-sitplek ingeneem 
het was die lewe nooit weer dieselfde nie.

 
Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik  
voorspelbaar - altyd die kortste pad op my manier tussen 
twee punte. Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke 
oorgeneem het, is die hele pad sommer interessant en op-
windend, al hou ek soms asem in.
Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige 
plekke, afdraendes teen nekbreek snelhede al wat ek kon 
doen was om vas te hou. Selfs wanneer dit gelyk het na  
skone malligheid, het Hy aangemoedig met 'n "hou vas!"
Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep: "Waarheen 
neem U my?" Hy het geglimlag en nie geantwoord nie, en 
ek het geleer om Hom te vertrou.

Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin 
raak aan die avontuur van op die agterste sitplek ry, saamgaan
maar geen stuurstok in my eie hande nie.
Wanneer ek soms begin bangraak, dan het Hy terug geleun 
en my hand aangeraak. Hy het my geneem na mense met 
gawes wat ek nodig gehad het..  gawes van genesing, aan-
vaarding, vriendelikheid. Hy het my beveel:
"Gee jou gawes weg, dis te veel bagasie, te veel gewig."
So het ek weggegee aan mense wat ons ontmoet het op die 
pad, en ek het ontdek dat deur weg te gee, ek al hoe meer 
ontvang het, maar my vrag het  nie swaarder geraak nie, die 
las is lig.

Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer 
van my lewe. Toe ek begin agter ry het, het ek gedink, Hy gaan 
ons verongeluk!  --   stelselmatig het ek gesien dat Hy fietsry-
geheime ken.... Hy het geweet  hoe om deur 'n skerp draai te 
beweeg, hoe om te klim teen bergpasse wat heeltemal te hoog 
gelyk het vir my, en waar om te jaag sodat ons vinniger deur die 
gevaarlike plekke kon gaan. Ek het geleer om my mond te 
hou en net saam te ry, dikwels op die mees ongewone 
plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die natuurskoon
rondom my te geniet... en ook die koel wind in my gesig in die
permanente kameraadskap van Iemand wat my nooit begewe 
en verlaat nie, die Heilige Gees. En elke keer wanneer ek 
seker was dat ek aan die einde was van my eie  kragte, glad 
nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy geglimlag en
aangemoedig...
"Vashou, My kind, Vashou!"

 
"The will of God will never take you where the grace 
of God cannot protect you"  
 
 




 

26 May 2010

Fw: "Wie de flenter is ek"


Het jy al ooit vir jouself inni spieël gekyk en

gewonder 'wie de flenter is jy!?' Well.

It happened to me a few days

ago. Staan op, stort, trek aan ens ens.

Toe ek voor die spieel staan

lyk ek vir myself nie so lekker nie.

Neeeee. Dit was nie oor my broek

te styf gesit het of my hare nie te

hot gelyk het nie! Iets het net vir

my laat besef ek's seriously besig

om myself te fool!

Daar staan ek elke oggend op, all holy

and spiritual

en al daai lekker dinge! "Here, ek gee

vandag vir U, seën dit asb...

En Here, ek werp al my bekommernisse

op U, want ek's nie sterk genoeg om dit

te dra nie. Blah blah blah" Jy ken seker daai

gebedjie. Anyway. Ekke staan so vir myself

en kyk inni spieel en besef net dat as ek

regtig sooo vreeslik op die Here vertrou

om my crap uit te sorteer Dan moet ek dit

genuinely let go! Al die dinge wat my gees

so onrustig maak, meeste dinge wat lankal

geïdentifiseer is!

As ek regtig die Here vir iets vertrou,

moet ek dit 100% vir Hom gee, en myself

eintlik in die posisie sit sodat ek nie

Anders kan as om Hom te vertrou nie.

Om afhanklik van die Here te wees

is om onafhanklik van jouself en die

wêreld te wees ! Jou salaris, jou ouers,

jou wat ook al!

Soms is dit nodig om in die diep Kant in

te spring en te vertrou dat God jou sal uit

trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit

met jou hele wese (hart, siel EN KOP!!!) doen!

Anders, what's the use of jumping in the deep

side and trying to survive on your own! Die

branders sal jou soos 'n slap vel rondgooi, teen

rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, Dan kom jy

met 'n klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit

en het eintlik nogsteeds niks bereik nie.

Nie waar nie?

Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en 'n

gereelde klient een aand bietjie gestaan en gesels.

Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse

op die Here. Nie gee jou bekommernisse vir Hom nie,

werp dit op Hom.

Hy verduidelik toe dat werp 'n volleyball term is.

Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite jou eie

bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee,

Dan kan jy dit terug vat (want Dan's dit nog

in jou bereik), maar as jy dit werklik op Hom

werp! Wow! Dan's dit 'n bewustelike besluit

wat jy maak om dit verewig te let go.

Want jy stamp dit Dan weg van jouself af - buite jou

bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.

Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel my

morsdood met die een! Dis MOS baie makliker

om self te sit en worry oor iets as om te erken

jy kan dit nie self hanteer nie.

Joyce Meyer het op een van haar programme gesê:

"to worry is a manifestation of pride ."

Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks

'worry'. Toe, dink gou.

Daar's nogal 'n hondhuis vol Klein goedjies, né? Die

Here HAAT trots! Gaan lees net so bietjie Daniel

se stories. So, deur te sit en 'worry' oor iets

(maak nie saak hoe groot of Klein nie) wys jy

eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is

om jou probleem te hanteer nie. SJOE, ja, ek weet.

Heavy stuff, NE? Well, it's true, think about it.

Om werklik op die Here te vertrou, bid in volle

geloof ! Sê vir God dankie vir alles wat Hy in

Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat

Hy nog vir jou gaan doen. Dankie vir al die

'tests' waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir

swaarkry, dankie vir sukkel, dankie vir

voorspoed, dankie vir die feit dat jy kan hoor,

sien, praat, voel, sommer net dat jy jou

groottoon kan beweeg elke oggend as jy

wakker word !

Julle, God stel belang in ons karakter, nie jou

goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis

hoekom ons getoets word, hoekom ons soms

sukkel met goed, hoekom ons nie altyd

ons sin kry nie, hoekom ons soms in moeilike

situasies gegooi word by die werk of by die huis,

hoekom ons soms victims is van iets aakligs.

Nie sodat die Here 'n kick kan kry uit ons

swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nerens inni

Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hê nie.

Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy

nie saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus

saam met jou! Jy's Sy kind! 'n Prins, 'n Prinses!

Prys God vir elke situasie waarin jy jou bevind!

Sien dit as karakter vorming. Sien dit as 'n

tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan

word! Dis 'n voorreg om deur so iets te gaan

saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit

glad nog nie lekker nie, maar wow, what a

privilege to know that God cares enough about

you to shape you after His own image!

Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1

(veral vers 6). My gebed is dat elkeen van ons

sal leer om God toe te laat om ons te shape,

dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan

waarin ander Jesus in ons kan sien!


Aan Hannes (President Oos Londen) wat onlangs 'n

stent in sy hart moes kry, aan sy vrou Wilna wat 2

weke gelede aangeval is in haar huis deur 5 mans,

en boweal hul seun wat hulle in Januarie aan die

dood moes afstaan, aan Paulene wat 'n maand

terug haar dogter aan kanker moes afstaan, aan

Willie & Tonkie wat in die vragmotorongeluk

betrokke was en ernstig seergekry het (Tonkie is

steeds in Bloemfontein Medi Clinic se ICU met

ernstige brandwonde na die vragmotor se olie

oor haar uitgeloop het, en Willie ondergaan

steeds operasies om die skade te herstel) mag

God julle toevou is Sy wonderlike liefde en julle

in hierdie bitter moeilike tye dra !

Julle is elke oomblik van die dag in ons gedagtes . . .

Liefde, Nationale Bestuur & Klubs