18 April 2011

LAAT STAAN DAAI STYWE NEKKE!




















Filip 2 : 5  Dieselfde gesindheid moet in julle wees 
wat daar ook in Christus Jesus was

Ons sluk moeilik aan 'n afskaling van voordele of status.
Die strewe na mag was nog altyd in die geskiedenis
'n dryfveer wat mense tot uiterstes toe aangespoor het.
En daarvoor het ons 'n duur prys betaal : ons het ons
siele laat skade ly. Miskien moet ons elkeen, belangrik
of onbelangrik, ons stywe nekke laat staan en van ons
troontjies afklim om die wereld se voete te gaan was!
God het jou gestuur om elke dag die wereld met Sy
liefde te bedien, sodat jy jou Meester in die Hemel kan
verheerlik.

"Here, ek moet erken dat dit vir my moeilik is om die 
knie in nederigheid te buig. Dankie dat U aarde toe 
gekom het om ons met U eie lewe te wys hoe dit ge-
doen moet word. Amen"

Met dank aan VERS 'N DAG