Het jy al ooit vir jouself inni spieël gekyk en
 gewonder 'wie de flenter is jy!?'  Well.
It happened to me a few days
 ago.  Staan op, stort, trek aan ens ens.
Toe ek voor die spieel staan
 lyk ek vir myself nie so lekker nie.
  Neeeee. Dit was nie oor my broek
 te styf gesit het of my hare nie te
hot gelyk het nie!  Iets het net vir
 my laat besef ek's seriously besig
om myself te fool!
  
                   Daar staan ek elke oggend op, all holy
and spiritual
 en al daai lekker dinge! "Here, ek gee
 vandag vir U, seën dit asb...
  En Here, ek werp al my bekommernisse
 op U, want ek's nie sterk genoeg om dit
te dra nie. Blah blah blah"  Jy ken seker daai
 gebedjie.  Anyway. Ekke staan so vir myself
  en kyk inni spieel en besef net dat as ek
regtig sooo vreeslik op die Here vertrou
 om my crap uit te sorteer Dan moet ek dit
genuinely let go!  Al die dinge wat my gees
 so onrustig maak, meeste dinge wat lankal
geïdentifiseer is!
  
                   As ek regtig die Here vir iets vertrou,
 moet ek dit 100% vir Hom gee, en myself
eintlik in die posisie sit sodat ek nie
 Anders kan as om Hom te vertrou nie.
Om afhanklik van die Here te wees
 is om onafhanklik van jouself en die
 wêreld te wees ! Jou salaris, jou ouers,
jou wat ook al!
  
                   Soms is dit nodig om in die diep Kant in
 te spring en te vertrou dat God jou sal uit
trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit
 met jou hele wese (hart, siel  EN KOP!!!) doen!
  
                   Anders, what's the use of jumping in the deep
  side and trying to survive on your own! Die
 branders sal jou soos 'n slap vel rondgooi, teen
rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, Dan kom jy
 met 'n klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit
 en het eintlik nogsteeds niks bereik nie.
Nie waar nie?
  
                   Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en 'n
 gereelde klient een aand bietjie gestaan en gesels.
 Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse
 op die Here. Nie gee jou bekommernisse vir Hom nie,
werp dit op Hom.
  
                   Hy verduidelik toe dat werp 'n volleyball term is.
 Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite jou eie
 bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee,
 Dan kan jy dit terug vat (want Dan's dit nog
in jou bereik),  maar as jy dit werklik op Hom
 werp! Wow!  Dan's dit 'n bewustelike besluit
wat jy maak om dit verewig te let go.
                   Want jy stamp dit Dan weg van jouself af - buite jou
 bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.
  
                   Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel my
 morsdood met die een!  Dis MOS baie makliker
 om self te sit en worry oor iets as om te erken
jy kan dit nie self hanteer nie.
 Joyce Meyer het op een van haar programme gesê:
"to worry is a manifestation of pride ."
 Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks
 'worry'. Toe, dink gou.
  
                   Daar's nogal 'n hondhuis vol Klein goedjies, né? Die
 Here HAAT trots!  Gaan lees net so bietjie Daniel
 se stories.  So, deur te sit en 'worry' oor iets
 (maak nie saak hoe groot  of Klein nie) wys jy
eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is
 om jou probleem te hanteer nie.  SJOE, ja, ek weet.
 Heavy stuff,  NE? Well, it's true, think about it.
  
                   Om werklik op die Here te vertrou, bid in  volle
 geloof ! Sê vir God dankie vir alles wat Hy in
 Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat
 Hy nog vir jou gaan doen.  Dankie vir al die
'tests' waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir
 swaarkry, dankie vir sukkel, dankie vir
  voorspoed, dankie vir die  feit dat jy kan hoor,
sien, praat, voel, sommer net dat jy jou
 groottoon kan beweeg elke oggend as jy
wakker word !
  
                   Julle, God stel belang in ons  karakter, nie jou
 goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis
 hoekom ons getoets word, hoekom ons soms
 sukkel met goed, hoekom ons nie altyd
 ons sin kry nie, hoekom ons soms in moeilike
 situasies gegooi word by die werk of by die huis,
 hoekom ons soms victims is van iets aakligs.
Nie sodat die Here 'n kick kan kry uit ons
 swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nerens inni
  
 Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hê nie.
 Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy
 nie saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus
 saam met jou! Jy's Sy kind! 'n Prins, 'n Prinses!
Prys God vir elke situasie waarin jy jou bevind!
Sien dit as karakter vorming. Sien dit as 'n
 tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan
 word! Dis 'n voorreg om deur so iets te gaan
saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit
 glad nog nie lekker nie, maar wow, what a
 privilege to know that God cares enough about
you to shape you after His own image!
   
                   Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1
 (veral vers 6).  My gebed is dat elkeen van ons
 sal leer om God toe te laat  om ons te shape,
dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan
waarin ander Jesus in ons oë kan sien!