Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het
die lewe vir my gevoel soos 'n fietsrit op 'n speedbike, en
Jesus het op die agter-sitplek gesit en Hy het my geleer
ry. Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke
omgeruil het nie, maar sedert Hy die voor-sitplek ingeneem
het was die lewe nooit weer dieselfde nie.
Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik
voorspelbaar - altyd die kortste pad op my manier tussen
twee punte. Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke
oorgeneem het, is die hele pad sommer interessant en op-
windend, al hou ek soms asem in.
Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige
plekke, afdraendes teen nekbreek snelhede al wat ek kon
doen was om vas te hou. Selfs wanneer dit gelyk het na
skone malligheid, het Hy aangemoedig met 'n "hou vas!"
Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep: "Waarheen
neem U my?" Hy het geglimlag en nie geantwoord nie, en
ek het geleer om Hom te vertrou.
Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin
raak aan die avontuur van op die agterste sitplek ry, saamgaan
maar geen stuurstok in my eie hande nie.
Wanneer ek soms begin bangraak, dan het Hy terug geleun
en my hand aangeraak. Hy het my geneem na mense met
gawes wat ek nodig gehad het.. gawes van genesing, aan-
vaarding, vriendelikheid. Hy het my beveel:
"Gee jou gawes weg, dis te veel bagasie, te veel gewig."
So het ek weggegee aan mense wat ons ontmoet het op die
pad, en ek het ontdek dat deur weg te gee, ek al hoe meer
ontvang het, maar my vrag het nie swaarder geraak nie, die
las is lig.
Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer
van my lewe. Toe ek begin agter ry het, het ek gedink, Hy gaan
ons verongeluk! -- stelselmatig het ek gesien dat Hy fietsry-
geheime ken.... Hy het geweet hoe om deur 'n skerp draai te
beweeg, hoe om te klim teen bergpasse wat heeltemal te hoog
gelyk het vir my, en waar om te jaag sodat ons vinniger deur die
gevaarlike plekke kon gaan. Ek het geleer om my mond te
hou en net saam te ry, dikwels op die mees ongewone
plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die natuurskoon
rondom my te geniet... en ook die koel wind in my gesig in die
permanente kameraadskap van Iemand wat my nooit begewe
en verlaat nie, die Heilige Gees. En elke keer wanneer ek
seker was dat ek aan die einde was van my eie kragte, glad
nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy geglimlag en
aangemoedig...
"Vashou, My kind, Vashou!"
"The will of God will never take you where the grace
of God cannot protect you"
|